|
‘n Wêreld sonder kranksinnigheid, sonder kriminele en sonder oorlog - dit is die doel van Dianetics.
Vir duisende jare het die mens voortgesukkel met sy oorwinning oor die materiële heelal maar hy het omtrent niks geweet van sy belangrikste wapen nie, sy mees waardevolle besitting, die menslike intellek. Ten spyte van hierdie hindernis van onkunde het hy vooruitgegaan, maar as gevolg van hierdie hindernis het hy aan homself nie net die straf van kranksinnigheid en siekte opgelê nie, maar, belangriker, die bedreiging van verwoesting van al sy werke - moderne oorlogvoering.
Dianetics is die wetenskap van denke. Die omvang van Dianetics sluit alle geldige data in wat met die denke te doen het. Baie eenvoudiger as wat die mens besef, het die werking van die menslike intellek en kennis op sigself, in Dianetics, ‘n liggaam geword van kennis waarmee enige redelike intelligente persoon kan werk. Geen beskawing kan vooruitbeweeg na die stabiliteit van aanhoudende oorlewing sonder sekere en sekure beheersing van kennis soos bevat in Dianetics nie. Want Dianetics, korrek gebruik, kan presies doen wat dit sê dit sal doen. Dit kan, in die werklikheid van die individu, kranksinnigheid, neurose, kompulsiewe gedrag en obsessies voorkom en genees en dit kan fisiese gesondheid veroorsaak, en die basiese oorsaak van omtrent sewentig persent van die mens se siektes uitwis. Dit kan, met betrekking tot gesinne, beter harmonie en ooreenstemming bewerkstellig. Dit kan, met betrekking tot nasies of kleiner groepe soos in die industrie bestuur verbeter tot ‘n punt waar hierdie armsalig ontoereikende ideologië waarvoor die mens veg met so ‘n vreeslike erns, opsy gesit kan word ten gunste van ‘n werkende tegnologie.
Word vervolg...
Skryf of Roep!
Noord en Suid Amerika
info@bridgepub.com
1-800-722-1733
Alle ander gedeelte van die wêreld
books@newerapublications.com
(45) 33 73 66 66
| Tuis | Related Sites | The L. Ron Hubbard Bookstore | Order Dianetics
© 1999-2004 Church of Scientology International. Alle Regte Voorbehou.
Vir Handelsmerk informasie
|
|