|
|
Bewapen met ywerige denkvermoë, onuitputlike energie, onbeperkte weetgierigheid en ‘n unieke benadering tot filosofie en wetenskap wat werkbaarheid en praktiese toepassing bo alles beklemtoon het, het Ron sy studie van die lewe en sy raaisels aangepak terwyl hy nog ‘n tiener was.
Op sy uitgebreide reise dwarsdeur Asië en die Stille Oseaan het hy die wysheid van die Verre Oosterse filosofieë bestudeer maar ook wydverspreide lyding en armoede waargeneem. As daar sulke diepgaande wysheid in die Ooste was, waarom dan al hierdie ellende, het hy gevra.
Met sy terugkeer na die Verenigde State in 1929, het Ron die studie van wiskunde en ingenieurswese nagevolg, en by die “George Washington University” ingeskryf. Hy was ‘n lid van een van die eerste Amerikaanse klasse in kernfisika en het sy eerste eksperimente aangaande die verstand uitgevoer by die universiteit. Hy het gevind dat daar nog nooit ‘n werkbare tegnologie van die verstand en die lewe ontwikkel is nie, ten spyte van al die vooruitgang van die mensdom in die natuurwetenskappe. Die “geesteswetenskappe” wat wel bestaan het, naamlik psigologie en psigiatrie, was in werklikheid barbaarse, valse vakgebiede - niks meer werkbaar as die metodes van toordokters in die oerwoud nie. Ron het begin soek na die basiese beginsel van die bestaan - ‘n beginsel wat sou lei tot die vereniging van kennis en wat die betekenis van die bestaan self sou verduidelik - iets wat ander filosofieë probeer, maar nooit gevind het nie.
Word vervolg...
Skryf of Roep!
Noord en Suid Amerika
info@bridgepub.com
1-800-722-1733
Alle ander gedeelte van die wêreld
books@newerapublications.com
(45) 33 73 66 66
| Tuis | Related Sites | The L. Ron Hubbard Bookstore | Order Dianetics
© 1999-2004 Church of Scientology International. Alle Regte Voorbehou.
Vir Handelsmerk informasie
|
|