|
|
Daar is groot meningsverskille waarop ons kan ingaan betreffend die argument dat Dianetics ‘n kuns of ‘n wetenskap is, of dit nou onder die vaandel van die geesteswetenskappe val, en of dit slegs gekskeerdery is, maar hierdie sal ons niks baat nie, want dit sal net ‘n gekibbel van woorde wees. Dianetics is wat dit is, en die totaliteit daarvan kan ten beste opgesom word deur die beskrywing, “’n insig in menslikheid” Ons gee nie regtig om of dit nou ‘n wetenskap is of nie. Ons gee ook nie om of dit nou beter kategoriseer onder avontuur of misterie nie. Ons gee om of dit openbaar gemaak word, want orals waar dit kom word slawerny uitgewis. Die gees was homself verstaan is die gees van ‘n vry man. Dit is nie langer onderhewig aan obsessiewe gedrag, onbewustelike inskiklikheid, of geheime insinuasies nie. Dit is tuis in sy omgewing, en is nie meer ‘n vreemdeling nie. Dit los probleme op, en ontdek nuwighede. ‘n Intellek wat homself in slawerny bevind is swak. ‘n Intellek wat vry is is magtig, en al die mag wat bestaan, word gedefinieër en omvat in vryheid.
Hoekom moet jy iets weet omtrent jou intellek? ‘n Vraagstuk wat soortgelyke gewig dra sou wees “Hoekom moet jy leef?” ‘n Skrywer van wetenskapsfiksie het hom eenkeer ‘n wêreld voorgestel wat heeltemaal uit masjiene bestaan het, tot ‘n punt waar die masjiene reggemaak is deur ander masjiene, wat weer reggemaak is deur nog ander masjiene, en so het ‘n sirkel gevorm en die masjiene het oorleef. Hy het hierdie storie geskryf vanuit die vurigste oortuiging van kernwetenskaplikes dat daar net ‘n masjien is, dat die mens ontstaan het uit ‘n spontane verbranding van modder, dat die siel nie bestaan nie, dat vryheid onmoontlik is, dat alle gedrag ‘n reaksie is van ‘n stimulus, dat kousatiewe denke nie kan bestaan nie! Watter soort wêreld sal dit dan wees! En tog, hierdie wêreld, hierdie patroon, is die doel van die slaweskeppers.
Word vervolg...
Skryf of Roep!
Noord en Suid Amerika
info@bridgepub.com
1-800-722-1733
Alle ander gedeelte van die wêreld
books@newerapublications.com
(45) 33 73 66 66
| Tuis | Related Sites | The L. Ron Hubbard Bookstore | Order Dianetics
© 1999-2004 Church of Scientology International. Alle Regte Voorbehou.
Vir Handelsmerk informasie
|
|