|
‘n Eenvoudige en oortuigende wetenskap van die intellek is ‘n belangrike noodsaaklikheid in enige samelewing wat ‘n begeerte het om vry te word en vry te bly.
Die enigste elemente in ‘n samelewing wat ‘n poging sal aanwend om die verkryging van so ‘n wetenskap te beveg, te bekamp of te bestry sal die invloede wees wat begeer, deur onkunde, om hulle beheer oor ‘n soort slawerny te behou. Elke stukrag van vryheid is ‘n stukrag nader aan geestesgesondheid, nader aan gesondheid, nader aan geluk. Elke stukrag nader aan slawerny is ‘n stukrag in die algemene rigting van ellende, siekte, en dood. ‘n Mens kan van beide die jigagtige en die neurotiese sê dat die basiese oorsaak van die versteuring, fisies of geestelik, ontkiem het in pogings om die vryheid van die individuele mens, die groep, en ook die mensdom as geheel te verminder.
Dianetics is die strewe na die mens se verkryging van ‘n vlak van vryheid waar geluk en welvoeglikheid kan heers, en waar kennis van die intellek self die gewetenlose gebruik van die meganisme van slawerny sal voorkom. Dianetics kan beveg word, dit kan beswadder word, sy stigter en beoefenaars kan in die openbaar aan die kaak gestel word, maar Dianetics kan nie geïgnoreer word nie. Dit kan egter ook nie toegegooi word met losprysings of opgehemel word nie, nòg kan dit gebrand word in’n soort uitreinigingsproses totdat dit geheel en al uitgeroei is, want dit is ‘n wonderbaarlike waarneembare feit dat die een stukrag in die mens wat nie uitgewis kan word nie, is sy stukrag na vryheid, sy stukrag tot geestesgesondheid, en in al sy strewes, na groter kapasiteit. Dit is die mens se enigste voorbehoud. En omdat Dianetics so ‘n stukrag is, en omdat sy basiese doel vanaf die oomblik van sy ontvangtenis die verkryging van ‘n selfs groter vryheid is, kan dit nie uitgewis word nie – ‘n feit wat sonder twyfel meer en meer ergernis bring aan die slawemeesters met die verloop van tyd.
Word vervolg...
Skryf of Roep!
Noord en Suid Amerika
info@bridgepub.com
1-800-722-1733
Alle ander gedeelte van die wêreld
books@newerapublications.com
(45) 33 73 66 66
| Tuis | Related Sites | The L. Ron Hubbard Bookstore | Order Dianetics
© 1999-2004 Church of Scientology International. Alle Regte Voorbehou.
Vir Handelsmerk informasie
|
|